Service providers
Photography: Misha Jordaan
Venue: Delsma Guestfarm; Coordination, planning and Styling: Celeste Styled Events; Stationery: Lezanne Designs; Flowers: Green Goddess floral designs; Photobooth: Kiki booth; DJ: Baha entertainment; Cake: About a Cake; Make up & hair: Marnel Toerien
Ek ken vir Catherine al vir jare, sy het destyds model gespeel vir my projekte toe ek 10 jaar terug studeer het. Ek was natuurlik in ekstase toe sy vir my vra om haar en Eugene se troufoto’s te neem. ‘n Troue op Riebeek-kasteel is altyd iets besonders, dit voel altyd vir my of ek vir n dag in die Franse platteland is. Dit was n pragtige sonskyn-dag toe die twee liefdesduifies, Catherine n onderwyseres en Eugene, n beroepsduiker op “Delsma Farm” naby riebeek kasteel afhaak. Daar is tot ‘n koei met n hartjie op sy voorkop op die plaas, ek kon my oë nie glo nie. Onder die koeltebome op die rivieroewer, voor uitgesoekte familie en vriende het Catherine geskitter in die mooiste “twee-in-een-rok” van kant en tulle deur die talentvolle Elizabeth Stockenström. Dit is seker die rustigste paartjie met wie ek nog gewerk het; ‘n groot dankie daarvoor aan Celeste Styled Events wat seker gemaak het alles loop seepglad.